Close
You have no items in your shopping cart.
Search
Prooi

Prooi

Publisher : Human & Rousseau (Pty) Ltd
SKU: 9780798177757
R 345,00
R 276,00
Griessel en Cupido soek nie die yskoue docket nie. Johnson Johnson, oud-poliesman, se lyk is gekry langs die treinspoor in die Karoo. In Bordeaux geniet Daniel Darret sy eenvoudige lewe, tot hy verplig word om nog een keer te jag op die korrupte president van sy tuisland.
Description

Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie die docket he nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wereld se luuksste trein – waaruit Johnson klaarblyklik gespring het – is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting. Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dit is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy 'n laksman vir die Stasi en KGB was. Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoenlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?

Products specifications
ISBN13 9780798177757
Publisher Human & Rousseau (Pty) Ltd
Contributor By (author) Deon Meyer
Publication Date 2018-10-22
Language Afrikaans
Format Paperback / softback
Pages 448
Product Dimensions (H x W x L) in mm 222 X 152 X 210
}