Close
You have no items in your shopping cart.
Search
Evolusie vir Christene

Evolusie vir Christene

Publisher : Albert Alberts
SKU: 9781928405184
R 180,00
R 153,00
Aan die einde van die boek sal die toegewyde Christen besef dat hy of sy die wetenskap van evolusie ten volle kan aanvaar en steeds in verwondering die hande kan ophef en Hom prys en eer vir Sy krag en majesteit.
Description
Daar is baie intelligente en toegewyde Christene wat evolusie sien as ‘n ateistiese dogma wat die kern van die geloof van ‘n Christen bedreig. Dit het al begin na die publiskasie van Charles Darwin se boek oor evolusie maar is meer onlangs op ‘n spits gedryf deur die aggressiewe publikasies van ateistiese natuurwetenskaplikes wat beweer dat daar nou geen rol meer bestaan vir God in die skepping nie. Dit het op sy beurt weer ongelukkig gelei tot veelvuldige publikasies deur toegewyde Christene wat probeer het om die wetenskap van evolusie te diskrediteer. Opwindende nuwe navorsing oor die meganisme van evolusie het al hoe duideliker in die afgelope dekades geword. Die leser word hieraan blootgestel en dit sal duidelik word dat God op opwindende maniere evolusie gebruik het om ons, die uiteindelike kroon van Sy skepping, daar te stel. Dit is die wese van die teistiese benadering. Al die verskillende geloofsmodelle word bespreek en daar word veral op die teistiese benadering klem geplaas. Knelpunte word deeglik uitgelig. Aan die einde van die boek sal die toegewyde Christen besef dat hy of sy die wetenskap van evolusie ten volle kan aanvaar en steeds in verwondering die hande kan ophef en Hom prys en eer vir Sy krag en majesteit.
Products specifications
ISBN13 9781928405184
Publisher Albert Alberts
Contributor By (author) Albert Alberts
Publication Date 2017-10-01
Language Afrikaans
Format Paperback / softback
Pages 340
Product Dimensions (H x W x L) in mm 210 X 148 X 210
}