Close
You have no items in your shopping cart.
Search
Die meesterstuk

Die meesterstuk

Publisher : Christelike Uitgewers Maatskappy
SKU: 9781431617401
R 300,00
R 255,00
’n Verhaal van God se genade wat selfs die mees gebroke mens in ’n onvolmaakte maar ongelooflike meesterstuk kan verander.
Description
Roman Velasco is ’n suksesvolle Los Angeles-kunstenaar wat oenskynlik alles het wat sy hart begeer – 'n groot herehuis, geld, vroue en roem. Slegs Grace Moore, sy teesinnige nuwe assistent, weet hoe min hy regtig het. Maar Grace weet nie hoe haar baas in die geheim met sy duiwels stoei nie: deur geboue te teiken as die Bird, ’n berugte maar ongeidentifiseerde graffiti-kunstenaar – ’n alter ego wat Roman se loopbaan kan verwoes en hom in die tronk kan laat beland. Soos Roman, worstel Grace ook met spoke en geheime van haar eie. Na ’n rampspoedige huwelik haar lewe totaal van koers afgegooi het, het sy gesweer dat liefde nooit weer haar drome sal kniehalter nie. Maar soos sy die enigmatiese man agter die reputasie leer ken, is dit asof hulle gebroke stukke stadig inmekaar begin pas ... totdat iets onverwags gebeur wat die loop van hulle verhouding – en albei se lewe – onherroeplik verander. Die meesterstuk is 'n splinternuwe liefdesverhaal deur bekroonde New York Times-topverkoper-outeur Francine Rivers wat jou herinner dat genade selfs die mees gebroke persoon in ’n onvolmaakte tog ongelooflike meesterstuk kan verander.
Products specifications
ISBN13 9781431617401
Publisher Christelike Uitgewers Maatskappy
Contributor By (author) Francine Rivers
Publication Date 2018-02-01
Language Afrikaans
Format Paperback / softback
Pages 464
Product Dimensions (H x W x L) in mm 229 X 152 X 210
}