Close
You have no items in your shopping cart.
Search
Om te skryf

Om te skryf

Publisher : Van Schaik Publishers
SKU: 9780627029875
R 415,00
R 352,75
Hoe leer jy skryf? Hoe skryf mens oor jouself, oor ander, oor plekke en gebeure of oor idees en oortuigings?
Description
Hoe leer jy skryf? Hoe skryf mens oor jouself, oor ander, oor plekke en gebeure of oor idees en oortuigings? Hoe begin jy 'n treffende teks, hoe sluit jy dit af? Mens leer vinnig as jy langs 'n goeie ambagsman gaan staan en mooi loer wat hy doen en die tegnieke wat hy benut in jou eie werk begin toepas. Dit is die lekkerste en vinnigste manier. Hier is 'n boek in Afrikaans wat saamgestel is om jou daarmee te help. Om te skryf bevat vertalings van bekende Engelse prosa en oorspronklike Afrikaanse tekste, maar die boek gaan nie oor wat die skrywers se nie – belangrik soos dit mag wees – maar oor die hoe: die tegnieke waardeur hulle hul boodskap helder oordra. Na elke uittreksel, word daar vrae gestel wat die leser help om die woordmeesters se styl, tegniek en vaardighede aan te leer. Inhoud behels persoonlike skryfwerk, die karakterskets en beskrywing, asook meer abstrakte konsepte soos die uiteensetting van 'n agument en 'n poging om ander mense te oortuig. Later volg tegnieke om 'n stuk te begin en te eindig, skryfwerk oor kuns en media en ten slotte 'n afdeling oor die nuanses van individuele styl. Die boek bevat ook 'n woordelys met bondige definisies van terme wat in die oefenvrae in die boek gebruik word. Die eerste Afrikaanse boek van sy soort vir aspirant skrywers, joernaliste, en enigiemand wat lief is vir literatuur of daarin belangstel om sy skryfvaardighede te verbeter; bevat oor ’n honderd uittreksels uit werk van van die voorste skrywers in die geskiedenis (van Plato tot V.S. Naipaul), asook van die beste skryfwerk uit ons eie literere en joernalistieke erfenis (van Etienne Leroux tot Dana Snyman); opsigselfstaande afdelings bied lesers buigsaamheid om by enige afdeling te begin; oefeninge maak dit moontlik om toe te pas wat gelees is; vergesel van ’n webwerf met gereelde kompetisies, ens. – www.omteskryf.net
Products specifications
ISBN13 9780627029875
Publisher Van Schaik Publishers
Contributor
Publication Date 2013-03-19
Language Afrikaans
Format Paperback / softback
Pages 664
Product Dimensions (H x W x L) in mm 245 X 170 X 210
}